Draaipunt vir Britse media ná afluistery

2011-07-11 07:18
Tweets Share Share line Print

Den Haag – Op dieselfde oomblik dat ’n gewese redakteur van die Britse Sondag-poniekoerant News of the World weens korrupsie en die afluister van selfoonboodskappe in hegtenis geneem is, het David Cameron, premier, effektief die einde van die selfregulering van die media aangekondig.

Die huidige persklagtekommissie gaan geskrap word, het hy op ’n nuuskonferensie gesê. Hy het twee ondersoeke aangekondig, die een ’n strafregtelike ondersoek van die polisie; die ander ’n onafhanklike ondersoek onder voorsitterskap van ’n regter na mediapraktyke.

Cameron het gesê die huidige stelsel werk nie en moet vervang word. Die media moet hulself nie reguleer nie, maar dié taak moet deur ’n onafhanklike liggaam wat buite die media staan, gedoen word.

Presies hoe die nuwe stelsel moet lyk, is ’n vraag wat deur die regterlike kommissie van ondersoek beantwoord moet word.

Hy het terselfdertyd beklemtoon dat die nuwe liggaam ook onafhanklik van die staat moet wees. Cameron het toegegee dat politici en joernaliste in bepaalde gevalle te na aan mekaar gekom het – en dit sluit homself in.

Hy het gesê hy is ten gunste van ’n vrye pers. “Maar persvryheid beteken nie dat die pers bokant die wet moet staan nie.”

Ed Milliband, leier van die Arbeidersparty, het ook in ’n toespraak in Londen gesê die persklagtekommissie is ’n “tandelose poedel”. ’n Nuwe liggaam “met behoorlike ondersoekende bevoegdhede” is nodig.

Intussen het Andy Coulson, ’n vorige redakteur van News of the World, homself aan die Londense polisie oorgegee. Hy is onmiddellik in hegtenis geneem. Coulson was tot onlangs ook Cameron se mediawoordvoerder.

Die Britse media het Sondag groot gewag van die kwessie gemaak. The Daily Telegraph se hoofopskrif het gelui Good-bye, cruel World – ’n verwysing na die klipharde wyse waarop die blad oor seks en skandale berig het.

Die gerespekteerde rubriekskrywer Simon Tisdall, ’n gewese redakteur van The Times, het in sy blog geskryf niemand sal News of the World mis nie. Daily Mail se hoofopskrif, wat feitlik die hele voorblad in beslag geneem het, het geskreeu: Paper that died of shame, met verwysing na eergisteraand se aankondiging dat die koerant Sondag die laaste keer sal verskyn. Daily Express s’n was Shut in shame. News of the World se susterkoerant, The Times, het in ’n hoofartikel geskryf die Sondagblad “het sy rigting en die vertroue van sy lesers verloor”.

Sowat 200 werknemers is summier afgedank. Toe Rebekah Woods, die uitgewer en gewese redakteur, die skok-aankondiging doen, wou sy nog vrae beantwoord, maar die joernaliste was só woedend dat sy vir haar eie veiligheid weggelei is. Woods het haar werk behou.

- Die Burger

Lees meer oor: brittanje  |  media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 R32 3.2 5-dr DSG
2007
R 356,000.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 119,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.