Dr. Dood sal sy eie lyk uitstal
2011-01-05 13:00
Berlyn - Die omstrede anatomis Gunther von Hagens, bekend as Dokter Dood, het Woensdag bekend gemaak dat hy terminaal siek is en dat sy lyk in sy nuwe uitstalling sal pronk.
Von Hagens (65) het aan die Bild-koerant gesê dat hy met Parkinsons se siekte gediagnoseer is en dat sy lyk by die ingang van sy uitstalling geplaas sal word om besoekers te verwelkom.
“My vrou, kurator van die Body World-uitstalling, sal my lyk preserveer. Ons is reeds besig om die nodige voorbereidings te tref,” het Von Hagens gesê.
“My lyk sal almal by die uitstalling verwelkom. Ek sal dus altyd daar wees al lewe ek nie meer nie.”
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP