'Dooie' vrou staan op in hospitaal
2010-10-21 11:00
Londen - 'n Vrou wat klinies dood verklaar is, het 14 uur later opgestaan en aan dokters gesê sy het "lekker geslaap".
Personeel het selfs haar familie se toestemming gevra om die masjiene wat haar aan die lewe hou, af te skakel.
Die 60-jarige vrou het 'n kliniek in Bordeaux besoek vir 'n chemoterapie-sessie, maar sy het flou geword en "gesterf" ná sy pille geneem en op 'n drup geplaas is.
Sy het later regop gesit en gesê: "Ek voel soveel beter. Ek het lekker geslaap."
'n Dokter by die kliniek sê die vrou het dalk ná 'n epileptiese aanval flou geword.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter