Dooie man in hegtenis geneem vir moord
2010-11-16 14:04
Jackson – ‘n Man wat sowat 16 jaar gelede wettiglik dood verklaar is, is in hegtenis geneem vir die moord op ‘n jong meisie.
Volgens Sheila Thorne, FBI-woordvoerder, is Thomas Steven Sanders Sondag in Gulfport, Mississippi, vasgetrek na ‘n reuse-mensejag regoor die land.
Hofdokumente toon dat Sanders in 1987 deur sy familie agtergelaat is en in 1994 amptelik dood verklaar is.
Hy het egter onder die radar geleef ten spyte van die feit dat hy verskeie kere in hegtenis geneem is.
Sanders (53) is gesoek weens die ontvoering van die 12-jarige Lexis Roberts. Roberts se geraamte is verlede maand deur jagters in ‘n woud gevind.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP