Dokumentêr oor Costa Concordia op televisie uitgesaai
2012-02-09 16:57
Los Angeles – 'n Dokumentêr oor die gestrande Italiaanse skip Costa Concordia sal volgende week op televisie uitgesaai word.
Die National Geographic-kanaal het Woensdag bekendgemaak die dokumentêr, getiteld Italian Cruise Ship Disaster: The Untold Stories, sal die passasiers se weergawes van die dag se gebeure vertel, asook dié van bemanningslede en reddingswerkers.
Minstens 17 mense is in die ongeluk dood, met 15 ander wat steeds vermis is.
Altesaam 4 200 mense was aan boord van die Costa Concordia tot dit op 13 Januarie gestrand geraak het.
Die kanaal het gesê die dokumentêr gaan vasstel of die ongeluk vermy kon word, hoekom passasiers nie vroeër gewaarsku is nie en sal ook kyk na die ooreenkomste wat dit toon met die sinkende Titanic.
Die eienaars van die Costa Concordia moet nou 'n besluit neem oor hoe en wanneer hulle die skip wil verwyder.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters