Dokters verwyder lewendige orgaanskenkers se niere
2011-10-17 22:56
Sao Paulo – Twee dokters het in Sao Paulo, Brasilië, in
die hof verskyn op aanklagte daarvan dat hulle orgaanskenkers se organe verwyder het
terwyl die pasiënte nog lewendig was.
Die pasiënte is later in die hospitaal
oorlede.
Dr. Pedro Torrecillas en Dr. Rui Sacramento
staan beide tereg op vier aanklagte van moord.
Die sterftes het tussen September en Desember
1986 in die hospitaal wat verbonde is aan die Universiteit van Taubate in Sao
Paulo, plaasgevind.
Dr. Mariano Fiore Juniors woord daarvan
aangekla dat hy ‘n medepligtige was.
Volgens hofdokumente het die dokters vervalste
doodsertifikate uitgereik sodat hulle die pasiënte se niere kon verwyder.
Torrecillas en Sacramento het albei onskuldig
gepleit.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP