Dokters los instrument in vrou se buik
2010-02-16 05:31
Praag - Dit het vyf maande geneem vir 'n Tsjeggiese vrou om die oorsaak van haar pyn te ontdek: Dokters het 'n chirurgiese instrument in haar buik gelos.
Dokters by 'n kliniek in Ivancice het vandeesmaand uitgevind dat hul kollegas vergeet het om 'n chirurgiese instrument uit Zdenka Kopeckova (66) se buik te haal ná 'n operasie in September.
'n Streeksbeampte het om verskoning gevra en het Maandag gesê die streek, wat die kliniek beheer, sal haar vergoed.
Vier werknemers is sedertdien gestraf.
Kopeckova beplan om die kliniek te dagvaar.
– Sapa-AP