Dokter van manslag aangekla
2010-02-05 02:51
Londen - ‘n Pasiënt wat glo 'n dodelike dosis diamorfien vanaf ‘n “onbekwame” dokter ontvang het, se dood word as manslag gesien, het ‘n hof beslis.
Dr. Daniel Ubani, ‘n Duitse dokter, was besig met sy eerste na-ure-skof in Brittanje.
Hy het sy pasiënt, David Gray (70) met 100mg diamorfien, tien keer die aanbeveelde daaglikse dosis, ingespuit.
David Gray is vier ure later op die 16 Februarie 2009, oorlede.
Ubani het die vorige dag uit Duitsland in Brittanje aangekom en was blykbaar oormoeg.
Die lykskouer het die Duitse dokter se behandeling van Gray as “onbevoeg en heeltemal onder standaard” beskryf.
Hy het ook die stelsel gekritiseer wat toegelaat het dat Ubani, wat té moeg was om te praktiseer, aan diens was.
Kliek hier vir die volledige storie.