Dokters saag verkeerde been by vrou (91) af
2010-07-02 17:02
Kaapstad – ‘n 91-jarige vrou se gesonde been is verkeerdelik in ‘n Oostenrykse hospitaal geamputeer.
Dokters ondersoek nou die voorval, wat op 16 Junie gebeur het.
Volgens Wilfried Siegele, ‘n woordvoerder vir die staatsaanklaer se kantoor, is die ondersoek reeds verlede maand van stapel gestuur nadat die hospitaal, in die Tyrol-provinsie, owerhede daarvan ingelig het.
Plaaslike media het Vrydag berig dat die vrou, wie nog nie geïdentifiseer is nie, het intussen haar ander been ook verloor omdat haar ongesonde been ook geamputeer moes word.
‘n Woordvoerder by die hospitaal kon nie vir kommentaar bereik word nie.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP