Doeanebeamptes vas vir smokkelary
2011-02-09 17:00
Boekarest - Roemenië se teenkorrupsie-aanklaers sê 45 doeanebeamptes en polisiebeamptes op die grens word aangehou vir hul betrokkenheid by sigarette wat uit Serwië gesmokkel is.
Aanklaers het Woensdag gesê die aangehoudenes, wat by vier grensposte gewerk het, het omkoopgeld van 1 euro (R9,85) per boks van 200 sigarette ontvang. Die aanklaers sê die oortreders het soms tot 2 700 euros (sowat R26 600) per skof verdien.
‘n Hof sal binnekort beslis of hulle vir 29 dae in hegtenis geneem sal word terwyl ‘n verhoor hangend is.
Meer as 50 mense wat op die grens van die Oekraïne werk, is onlangs op soortgelyke aanklagtes in hegtenis geneem.
Roemenië, ‘n lid van die Europese Unie, deel ‘n grens met nie-lede Serwië, die Oekraïne en Moldowa, waar sigarette goedkoper is.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP