Dodetal van verwoestende tornado styg
2011-05-28 19:01
Joplin, Missouri – Die dodetal na die verwoestende tornado wat deur die stad Joplin in die
Amerikaanse staat Missouri getrek het, het tot 139 gestyg.
'n
Woordvoerder van die stad, Lynn Onstot, sê 600 vrywilligers en 50 spanne
honde fynkam intussen steeds die puin wat deur die kragtige tornado
veroorsaak is.
Minstens 156 mense word nog steeds vermis, vyf dae nadat
die tragedie plaasgevind het. Die tornado word as die vyfde dodelikste
beskou wat Amerika getref het sedert moderne rekordhouding in 1950 begin
het.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter