Dodetal styg tot 47 ná vlugramp
2011-06-27 08:07
Moskou – Die dodetal in die vliegramp in die noorde van Rusland het tot 47 gestyg nadat nog twee mense in die hospitaal aan hul beserings beswyk het, het die departement van gesondheid bekend gemaak.
Interfax-nuusagentskap het die departement aangehaal dat die jongste slagoffers ’n vrou met veelvuldige beserings en ’n man wat 80% brandwonde opgedoen het, was.
Die Toepolef-134 van die lugdiens Rusair met 43 passasiers en 9 bemanningslede aan boord het laat verlede Maandag op ’n hoofweg neergestort nadat dit in gure weer die aanloopbaan by Petrozawodsk in die Karelia-streek van die noordweste van Rusland gemis het.
– Volg nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP