Dodetal styg ná mynramp

2010-10-19 07:30
Tweets Share Share line Print

Beijing – Die dodetal in die naweek se steenkoolmynontploffing in China het tot 30 gestyg, terwyl die hoop vervaag dat sewe vasgekeerde mynwerkers lewend gevind sal word.

Dit het tot woede onder webgebruikers in China gelei wat gevra het vir ’n soortgelyke mynreddingsoperasie soos in Chili verlede week.

Saterdag se voorval in die sentrale Chinese provinsie Henan, wat deur ’n ontploffing veroorsaak is, was die eerste groot mynongeluk in dié land se berugte gevaarlike myne sedert die dramatiese reddingsoperasie verlede week in Chili toe 33 mynwerkers wat langer as twee maande ondergronds vasgekeer was, gered is.

Die staatsmedia het hulle aangesluit by China se groot blogsektor deur die land se bestaande veiligheidstandaarde te veroordeel. Meer as 2600 mense is verlede jaar in myne in China dood.

Reddingswerkers in Yuzhou in Henan het gister nog lyke uit die myn verwyder.

Reddingswerkers het Sondag gesê daar is min hoop dat oorlewendes gevind sal word en dit sal ’n paar dae neem om die vermistes op te spoor.

Chen Jiaguo, een van die 239 mynwerkers wat betyds kon uitkom, het aan die Beijing News gesê veiligheidsones in die myn is hoofsaaklik met puin gevul en daar is geen plek vir reddingstoerusting, kos en water nie.

In ’n hoofartikel het dié staatsbeheerde koerant gesê China se pogings is nie goed genoeg nie. “Indien ons nie in die kortste tydperk moontlik noodreddingstelsels in ons myne kan bou en aan myners ’n kans om lewe kan gee nie...sal meer en meer myners se lewens in gevaar wees.”

Dit het gegons op die internet met baie vergelykings met die Chileense mynreddingsoperasie.

“Die Chileense wonderwerk is die doodsvonnis van die mynveiligheidstelsel in China,” het een internetgebruiker gesê.

“Die verskil met Chili is baie groot. Die myne hier word nie gereeld ondersoek nie en word swak bestuur,” het nog ’n internetgebruiker gesê.

Die Chinese regering het herhaaldelik onderneem om gevaarlike myne te sluit en veiligheid te verskerp. Mynongelukke vind egter gereeld plaas terwyl myne jaag om steenkool te myn omdat 70% van China se energieverbruik daarvan afkomstig is.

Volg Nuus24 op Twitter

- Sapa - AFP

Lees meer oor: mynongelukke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 R32 3.2 5-dr DSG
2007
R 356,000.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY05
2006
R 119,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.