Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Dodetal styg ná bloedbad in Algerië

2013-01-21 08:01
Tweets Share Share line Print

In Amenas, Algerië – Algerynse amptenare het Maandag verteenwoordigers van ander lande gewaarsku om hulle voor te berei op 'n hoër dodetal ná 'n gyseldrama in die land verlede week in 'n bloedbad ontaard het.

Weermaglede het Sondag volgens berigte die lyke van 25 gyselaars gevind en vyf Islamitiese aanvallers aangekeer by die In Amenas-gasaanleg in die Sahara-woestyn.

Dié nuus volg 'n dag ná die weermag die deel van die kompleks bestorm het wat steeds in die hande van Islamitiese vegters was.

Regerings oor die wêreld heen het probeer om hul burgers op te spoor in die chaos wat gevolg het ná 'n groep ekstremiste buitelanders by die aanleg gyselaar gehou het. Die ekstremiste het geëis dat Frankryk sy militêre ingryping in die noorde van Mali staak.

Dit wil voorkom of talle gyselaars in die laaste stormloop gesterf het. Foto's wat deur oorlewendes geneem is en aan die nuusagentskap AFP vertoon is, wys verskeie lyke met skietwonde.

"Hulle is gewelddadig tereggestel," het 'n Algerynse man wat hom net as Brahim geïdentifiseer het, gesê. Hy het ontsnap, maar hy het gesien hoe 'n groep slagoffers van Japan afgemaai word.

Getuies het gesê nege Japanse werkers is in die treurspel dood.

Minstens 23 buitelanders en Algeryne se dood is bevestig sedert die drama Woensdag begin het.

Die Ennahar-televisiestasie het berig dat die lyke van 25 gyselaars Sondag gevind is deur weermaglede wat die aanleg gefynkam het. Minstens 32 van die aanvallers is ook dood.

"Ek is bevrees (die dodetal) sal opwaarts aangepas word," het Mohamed Said, Algerië se minister van kommunikasie, aan 'n radiostasie gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- AFP

Lees meer oor: algerië  |  mali  |  gyselaars  |  sterftes
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Chris Barton sê... Jip, nêrens in die berig noem News24 dat die "ekstremiste" Moslems is nie. Tog so versigtig om Islam te beledig. Moet sê ek is al so gatvol vir die MS Media se politiek korrekte duckspeak. FFS, kry ruggraat en noem dit hy die naam man! Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 12:47 PM
    Road name: Ontdekkers Road Westbound
    DELAYS approaching Ruhamah Drive
  • Friday North Riding - 12:43 PM
    Road name: Witkoppen Road Eastbound
    DELAYS between Malibongwe Drive and Riverbend Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.