Dodetal styg in Fidji
2010-03-19 09:47
Suva – Die dodetal van ‘n verwoestende sikloon wat Fidji getref het, het Vrydag tot drie gestyg nadat nooddienswerkers die dood van nog twee mense bevestig het.
Die liggaam van ‘n man wat naby Labasa vermis geraak het, is Donderdag gevind.
Nóg ‘n man is Vrydag doodverklaar nadat ‘n boom tydens die sikloon op sy huis geval het.
‘n Vrou het vroeër hierdie week verdrink terwyl sy probeer het om van haar familielede te red.
Baie kusgebiede is deur branders en sterk winde verwoes.
Meer as 300 huise is sover verwoes met die syfer wat steeds kan styg.
Daar is ook tans ‘n tekort aan tente om hawelose mense te huisves.
- Sapa-AFP