Dodetal in die Filippyne styg
2011-09-27 20:08
Manila – Die dodetal in die Filippyne weens Tifoon
Nesat staan op 16 en sal na verwagting verder styg.
Manila loop deur onder vloedwaters,
kragonderbrekings en enorme deinings.
Die Filippyne beleef jaarliks sowat 20 groot
storms, maar volgens die regering is Tifoon Nesat die sterkste storm wat sover
vanjaar die eilandgroep geteister het.
“Die
storm is intens, met buitengewone swaar
reën en ‘n kragtige wind.
“Oral oor die eilande word mense ontruim,” het
staatsamptenaar Benito Ramos gesê.
“Ons kan egter nog nie sê presies wat die
skade behels nie, aangesien die storm nog nie uitgewoed is nie.”
Daar word verwag dat die dodetal sal styg
namate reddingswerkers se verslae inkom.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP