Dodetal 217 na skudding in Turkye
2011-10-24 11:03
Patnos – Die dodetal ná 'n aardbewing Sondag in die ooste van Turkye wat 7.3 gemeet het, staan nou op 217.
Die ministerie van binnelandse sake het gesê 117 mense is in die stad Ercis dood terwyl 100 in Van dood is.
Sowat 740 mense is ook beseer tydens die skudding wat tot in dele van Iran en Armenië gevoel is, het die Turkse minister van binnelandse sake, Idris Naim Sahin, gesê.
Ercis is die swaarste getref en sowat 80 geboue hoër as enkelverdiepings het daar ineengestort, het Sahin gesê.
Talle mense is ook in sowat 40 ander geboue vasgekeer, wat die dodetal verder kan opstoot, het Sahin bygevoeg.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP