Dodeltal in Kolkata styg na 88
2011-12-09 17:58
Kolkota – Die dodetal weens ‘n brand wat by ‘n hospitaal
in Kolkata uitgebreek het, staan nou op 88, het die polisie in Indië gesê.
Die brand het Vrydagoggend omstreeks 03:00
(plaaslike tyd) uitgebreek en het vermoedelik in die kelder van die vyfverdieping AMRI-hospitaal ontstaan.
Die polisie het ses hospitaalamptenare op
aanklagte van strafbare manslag in hegtenis geneem.
Volgens Danayati Sen, ‘n toppolisieamptenaar
in Kolkata, het 73 mense in die brand gesterf, terwyl ‘n verdere 15 in die
hospitaal aan hul wonde beswyk het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP