Dodelike storm tref VSA se Midweste
2011-04-15 18:00
Tushka – Talle mense is dood toe ‘n sterk storm tot ‘n dodelike tornado in die suidweste van Oklahoma gelei het.
Minstens twee mense is in Arkansas dood voordat die storm Vrydagoggend suid begin beweeg het.
Twee mense is dood en talle ander is beseer toe ‘n groot tornado later in Tushka, Oklahoma, ontstaan het.
Die tornado het dakke verskeur, vensters gebreek, bome ontwortel en kragtoevoer afgesny.
Twee ander mense is in die weste van Arkansas dood toe ‘n boom op ‘n huis geval het, het owerhede gesê.
Die storm het later na Tennessee, Louisiana en Mississippi beweeg.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP