Dodelike ontploffing in Wallis
2011-06-03 08:20
Londen – Altesaam vier mense is dood in ‘n ontploffing wat by ‘n Chevron-olieraffinadery naby Pembroke, Wallis, plaasgevind het, het die polisie Vrydag gesê.
Volgens sup. Gwyn Thomas het die brand- en reddingsdienste Donderdagaand ‘n ontploffing by die olieraffinadery aangemeld.
“Paramedici het bevestig dat vier mense hul lewens in die voorval verloor het,” het die polisieverklaring gelui.
Volgens die polisie het ‘n opgaartenk ontplof terwyl instandhoudingswerk daarop uitgevoer is.
Thomas sê die polisie sal die “tragiese industriële voorval” ondersoek.
Volgens die brandweer het sowat 50 brandbestryders die brand ná die ontploffing geblus.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP