Dodelike aanvalle in Kaboel kom tot einde
2011-09-14 16:59
Kaboel – ‘n Aanval op die Amerikaanse ambassade en Navo-sentrum in die Afgaanse hoofstad het Woensdag uiteindelik tot ‘n einde gekom.
Volgens beamptes van Navo en Afganistan het die aanval deur die Taliban amper ‘n dag lank geduur.
Volgens CNN is drie polisiebeamptes en een burger in die aanval dood. Ses rebelle het ook omgekom.
Volgens die Afgaanse departement van binnelandse sake is nege mense, insluitende vier polisiebeamptes, beseer.
Zabiullah Mujahid, woordvoerder vir die Taliban, het aan CNN gesê die groep het die Amerikaanse ambassade, regeringsorganisasies en ander buitelandse organisasies geteiken.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.