Djakarta bom-verhoor begin
2010-02-10 21:42
Kaapstad – Die verhoor van ‘n man wat glo gehelp het met die dubbele hotel-selfmoordbomaanvalle in Djakarta, het begin.
Amir Abdillah word onder die anti-terreur wette daarvan aangekla dat hy inligting oor terroriste van die owerhede weerhou het. Volgens die polisie was hy die bestuurder van die beweerde terroris, Noordin Top, wat gedurende 'n klopjag in September deur die polisie doodgeskiet is.
Altesaam sewe mense is in die aanvalle dood, met meer as 50 wat beseer was. Die aanvalle het op 17 Julie 2009 plaasgevind.
Vir die volledige storie, besoek BBC News