'Dit was soos Titanic'

2012-01-14 12:18
Tweets Share Share line Print

Rome – 'n Chaos het geheers toe 'n luukse passasierskip Vrydagaand aan die Toskaanse kus gestrand het en minstens drie mense is dood, het die Italiaanse kuswag gesê.

Sowat 4 200 mense moes reddingsbote gebruik om 'n nabygeleë eiland te bereik ná die Costa Concordia se romp beskadig is.

Francesco Paolillo van die Italiaanse kuswag het bevestig dat drie lyke in die see gevind is. Berigte dat nóg drie mense dood is, kon nog nie bevestig word nie.

'n Passassier, Mara Parmegiani, wat ook 'n joernalis van beroep is, het aan die ANSA-nuusagentskap gesê die voorval was "soos 'n toneel op die Titanic."

"Ons het aandete aan boord genuttig toe ons 'n harde klank gehoor het, soos die romp van die skip wat oor iets sleep," het Luciano Castro, 'n passassier en joernalis, vroeg Saterdag op 'n Italiaanse radiostasie gesê. Die ligte het afgegaan "en daar was tonele van paniek," het Castro gesê.

'n Soektog op die skip het teen dagbreek begin om seker te maak dat niemand aan boord vasgevang is nie.

"Niemand hang uit, skreeu, of roep dat hulle hulp nodig het nie, maar tot die soektog verby is, sal ons nie weet nie."

"Daar is sowat 2 000 eenhede, en die skip is nie regop nie," het Paolillo gesê.

Sowat 50 mense wat op die Costa Concordia vasgekeer was, is vroeër deur helikopters opgepik, het Paolillo aan die nuusagentskap AP gesê vanuit die Toskaanse hawestad Livorno.

Hy het ook gesê dat dit nog nie duidelik is presies hoe die passassiers wat dood is, gesterf het nie.

Altesaam 30 mense is volgens berigte beseer, en twee van hulle is in 'n kritieke toestand.

Die skipbreukelinge het skuiling gevind in skole, hotelle en 'n kerk op die klein Toskaanse eiland Giglio. Ander is na Porto Santo Stefano aan die Italiaanse kus geneem.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Sapa - AP

Lees meer oor: toskane  |  italië  |  skeepsramp  |  skepe  |  sterftes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2002
R 84,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,900.00

FORD

Ranger 2.5 TD Hi-Trail XLT D-Cab Dsl PU
2005
R 118,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.