Dit is hel in Haïti

2010-01-19 08:26
Tweets Share Share line Print

Port-au-Prince - Die situasie in Haïti is katastrofaal, het die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis Maandag gesê.

“Gegewe die skaal van die behoeftes is die taak wat humanitêre organisasies in die gesig staar skrikwekkend,” het Riccardo Conti, die organisasie se plaaslike hoof, gesê.

Woede oor die stadige pas met noodleniging ná die aardbewing daar ’n week gelede het gister feitlik uurliks toegeneem. “Maak dat julle wegkom!” het party oorlewendes in die hoofstad se krotbuurt Bel-Air geskree, klaarblyklik gefrustreerd omdat hulle buitelanders gesien het wat nie hulp verleen nie.

Al het soldate, dokters en noodhulpwerkers steeds Maandag na Haïti gevlieg, het honderdduisende slagoffers van die aardbewing nog gesukkel om net ’n koppie water of ’n handvol kos te vind.

Tandepasta is baie gesog onder plunderaars, want mense smeer dit onder hul neuse om die stank van ontbindende liggame te verdryf.

“Daar is min tekens van betekenisvolle verspreiding van hulp,” het Dokters Sonder Grense gesê. Dokters van dié organisasies het selfs op straat ledemate geamputeer.

Lt.genl. Ken Keen, grondbevelvoerder van die Amerikaanse leër, het erken daar is ’n oponthoud by die lughawe, wat net ’n enkele aanloopbaan en min parkeerplek vir vliegtuie het.

’n Man (30) en 40-jarige vrou is Sondag uit die puin van ’n ineengestorte supermark bevry waar hulle oorleef het deur van die winkel se kos te eet. Die vrou, me. Mimi Dittmer, het die supermark verlede Dinsdag al verlaat, maar het teruggegaan om iets te koop wat sy vergeet het toe die aardbewing plaasvind.

’n Dominikaanse meisie (16) is ook uit ’n hotel gered.

Daar is steeds lewende mense in ineengestorte geboue, het me. Elisabeth Byre, VN-woordvoerder, gesê. “Hoop bly voortbestaan.”

Plundery het gister na meer dele van die middestad van Port-au-Prince versprei. Honderde jong mans en seuns het oor stukkende mure geklim om by winkels in te breek om te vat wat hulle ook al kan kry.

Op een plek het jeugdiges met gebreekte bottels, pangas en skeermeslemmetjies oor ’n voorraad rum baklei. “Ek drink soveel ek kan. Dit gee moed,” het Jean-Pierre Junior gesê. Hy was met ’n stuk plank waarin spykers gekap is, gewapen om sy bottel rum te beskerm.

Tog het Keen gesê daar is minder geweld in die hoofstad as voor die aardbewing. “Is daar bendegeweld? Ja. Was daar bendegeweld voor die aardbewing? Absoluut.”

Intussen het Europese nasies meer as ’n halfmiljard dollar vir hulp op kort en lang termyn belowe.

Talle Haïtiane is egter besig om moed te verloor.

“Ons gaan dood,” het ’n vrou gesê.

Die Pan-Amerikaanse Gesondheidsorganisasie raam tussen 50 000 en 100 000 mense is in die aardbewing dood, maar Haïtiaanse owerhede dink dis meer. Altesaam 46 VN-personeellede is onder die dooies en nog 500 word vermis.

So baie mense het hul huise verloor dat die Wêreldvoedselprogram beplan om ’n tentkamp vir 100 000 mense op te rig.

 - ’n Aardbewing wat volgens voorlopige ramings 6,0 op die Richterskaal geregistreer het, het dele van Guatemala en El Salvador Maandag getref, maar daar was geen onmiddellike berigte van beserings of skade nie.

- Sapa, AP

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2002
R 84,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,900.00

FORD

Ranger 2.5 TD Hi-Trail XLT D-Cab Dsl PU
2005
R 118,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.