Dis my kat se pornografie, Edelagbare
2009-08-07 20:34
Jensen Beach, Florida – ‘n Amerikaanse man wat daarvan beskuldig word dat hy kinderpornografie van die internet afgelaai het, het gesê dit was sy kat se skuld.
Volgens Florida se polisie is 10 aanklagte van die besit van kinderpornografie teen Keith Griffin hangende gemaak ná lede van die polisie meer as 1 000 pornografiese beelde op sy rekenaar gevind het.
Griffin se verweer was dat sy kat op die toetsbord gespring het terwyl hy besig was om musiek af te laai. Toe hy na sy rekenaar terugkeer, was daar “vreemde goed” daarop, het Griffin gesê.
-Sapa-AP