Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

'Dingo-moordsaak' weer heropen

2012-02-24 20:51
Tweets Share Share line Print

Sydney – 'n Nuwe hofsaak gaan in Australië gehou word oor die verdwyning in 1980 van die nege weke oue baba Azaria Chamberlain, wie se ouers volhou dat sy deur 'n dingo (wilde hond) weggedra is.

Die baba se ma, Lindy Chamberlain-Creighton, is in 1982 aan moord op haar dogtertjie skuldig bevind, maar die skuldigbevinding is later ter syde gestel, nadat 'n stukkie materiaal van Azaria se klere in 'n dingo-lêplek gevind is, berig RSG.

In 1995 is 'n nuwe ondersoek begin en is uitspraak voorbehou.

Die ma en haar man wil egter hê die hof moet amptelik beslis dat die dingo wel hulle baba weggedra het.

Anne Lade, 'n voormalige polisiebeampte wat deur die hof aangestel is om die saak te ondersoek, het aan die hof gesê sedert Azaria se verdwyning was daar al verskeie dingo-aanvalle op mense waarvan sommige dodelik was.

Rex Wild, 'n prokureur, het verskeie van die aanvalle beskryf en gesê hy glo dié bewyse kan toon dat 'n dingo dalk verantwoordelik vir Azaria se dood kon wees.

Op Azaria se doodsertifikaat staan steeds dat die oorsaak van haar dood nie bekend is nie.

Azaria het op 17 Augustus 1980 tydens 'n familievakansie in Uluru, die bekende rooi monoliet, verdwyn.

Haar lyk is nooit gevind nie.

Beamptes glo egter 'n dingo is nie sterk genoeg om die baba weg te dra nie en het Lindy van moord aangekla.

Staatsaanklaers het aangevoer dat sy haar baba se keel in die familie se motor afgesny en die lyk begrawe het sonder om enige spore te laat.

Drie jaar nadat Lindy begin het om haar vonnis uit te dien, is Azaria se baadjie, wat sy aangehad het, naby 'n dingo-lêplek gevind.

Lindy is toe vrygespreek.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Sapa - AP

Lees meer oor: moorde
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday City Deep - 05:36 AM
    Road name: Heidelberg Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Outspan Road
  • Thursday City Deep - 05:36 AM
    Road name: Heidelberg Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Houer Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.