Dertienjarige seun sterf in roltrap-ongeluk
2011-07-05 23:11
Beijing – ‘n Dertienjarige seun is dood en meer as 20
mense beseer toe die roltrap waarop hulle gestaan het skielik van rigting
verander het.
Die voorval het by ‘n besige metro-stasie naby
die Beijing-dieretuin plaasgevind.
Toe die roltrap van rigting verander, het die
sowat 20 mense op die roltrap hul balans verloor en oor mekaar geval.
Die seuntjie en sy pa was heel onder.
Sy pa is in ‘n ernstige toestand in die
hospitaal.
Die Beijing Metrokoöperasie het die ongeluk
toegeskryf aan ‘n meganiese fout.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP