Dertien sterf ná vliegtuig in woongebied val
2011-12-10 15:41
Manila – Dertien mense, waarvan die meeste kinders was, is Saterdag dood toe 'n ligte vliegtuig in 'n woongebied buite die lughawe van die Filippynse hoofstad Manila neegestort het, het 'n beampte gesê.
Die ses-sitplek Queen-vliegtuig het agter 'n laerskool in die Paranaque-woonbuurt geval," het Manila se polisiehoof, Manuel Manuel, gesê.
Paranaque se burgemeester, Florencio Bernabe, het bevestig dat 13 lyke uitgeken is.
"Meeste van die slagoffers is kinders wat buite gespeel het toe die ongeluk plaasgevind het," het hy gesê.
Die vliegtuig het kort na opstyging enjinprobleme ondervind en die vlieënier het 'n boodskap na die lugtoring gestuur om 'n noodlanding uit te voer.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA