Derduisende betoog teen ontvoerings in Colombia
2011-12-06 21:57
Bogota – Derduisende mense in Colombia het aan ‘n
protesoptog deelgeneem teen linksgesinde rebelle wat burgerlikes
ontvoer.
Dié rebelle hou ontvoerde soldate en
burgerlikes vir jare as gyselaars aan om hulle as politieke troefkaarte te
gebruik.
Die optogte is deur die familielede van
gyselaars gereël ná die Revolutionary Armed Forces of Colombia vier lede van
die sekuriteitsmag tereggestel het.
Hulle het dié vier vir meer as ‘n dekade as gyselaars aangehou.
President Juan Manuel Santos se regering, sowel
as die media in Colombia, het die optog ondersteun.
‘n Soortgelyke protesoptog het in Februarie
2008 plaasgevind nadat dit via Facebook gereël is.
Miljoene mense het in Colombia en ander
wêreldstede aan die protesaksie deelgeneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP