Derde joernalis vas vir meeluistering

2011-04-14 21:00
Tweets Share Share line Print

Londen - ‘n Senior verslaggewer by die News of the World-koerant is Donderdag in hegtenis geneem deur speurders wat die meeluistering op telefoongesprekke en –boodskappe van bekendes deur dié koerant ondersoek.

James Weatherup word by ‘n polisiekantoor in Londen ondervra.

Hy is die derde persoon wat vasgetrek is sedert die metropolisie in Londen hul ondersoek heropen het na aantygings dat personeel van News of the World toegang gekry het tot die selfoonboodskappe van bekendes en politici om inligting vir stories te bekom.

Dié poniekoerant se eienaar, Rupert Murdoch se News International, het verlede week ‘n openbare verskoning uitgereik, in sommige gevalle skuld erken en gesê dié dade was “onaanvaarbaar”.

Die Hollywood-aktrise Sienna Miller tel glo onder dié aan wie vergoeding uit ‘n fonds van 20 miljoen pond (sowat R224 miljoen) aangebied is. Sy wil egter glo hê die hele skandaal moet in die hof oopgevlek word en het nog geensins aangedui dat sy vergoeding sal aanvaar nie.

Die aanvanklike ondersoeke in 2007 het gelei tot die inhegtenisneming en vonnissing van die koerant se koninklikheid-korrespondent, Clive Goodman, en die private speurder Glenn Mulcaire.

Dit het bekend geword dat hulle onwettig toegang gekry het tot selfoonboodskappe van Prins Harry en Prins William om inligting vir stories te bekom.

Tot en met die verskoning wat Vrydag uitgereik is, het die News of the World daarop aangedring dat Goodman en Mulcaire op hul eie gewerk het.

Die polisie het ook verlede week die hoofverslaggewer Neville Thurlbeck (50) en ‘n voormalige assistent-redakteur, Ian Edmondson (42) in hegtenis geneem.

- Volg Nuus24 op Twitter

 

- Sapa - AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2002
R 84,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,900.00

FORD

Ranger 2.5 TD Hi-Trail XLT D-Cab Dsl PU
2005
R 118,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.