Demensielyer skiet dogter
2011-02-22 22:00
Nashville (Amerika) - Die polisie in Nashville sê ‘n 91-jarige demensielyer het sy dogter, wat hom versorg het, in die maag geskiet en kritiek gewond.
Volgens die polisie is die 61-jarige Patricia Stafford Crull in ‘n kritieke toestand by die Vanderbilt Universiteit Mediese Sentrum ná die skietery ongeveer 01:00 (Amerikaanse tyd) Dinsdag.
Crull het die owerhede gebel en gesê sy is deur haar pa, Freeman Stafford, geskiet. Sy het later aan nooddienswerkers gesê haar pa ly aan demensie en het haar geskiet terwyl sy hom met ‘n draagbare urinaal gehelp het.
‘n .22-rewolwer is in ‘n skoenboks langs sy bed gevind.
Volgens die polisie was Stafford blykbaar onbewus van die skietery toe die polisie hom aangetref het. Hy is na ‘n hospitaal geneem vir evaluering en behandeling.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP