Dalai Lama sê China is skynheilig
2011-10-08 17:22
Kaapstad – Die Dalai Lama het China se regeerders Saterdag daarvan beskuldig dat hulle ‘n klimaat van leuens en skynheiligheid skep en dat hulle “immorele” sensuur op die mense van China plaas.
“Die realiteit is, vir die totalitêre stelsel en vir baie totalitêre stelsels, het skynheiligheid en leuens ongelukkig deel van hul lewens geword,” het hy in ‘n video-gesprek met emiritus-aartsbiskop Desmond Tutu gesê.
“Ek en jy probeer die realiteit duidelik maak. Die Chinese mense behoort die reg te hê om te weet wat die realiteit is,” het hy bygevoeg.
“Sensuur is nie moreel nie.”
Die Dalai Lama het in ‘n video-konferensie met Tutu gesels. Hy het beplan om Tutu se 80ste verjaardagvieringe by te woon, maar moes sy planne kanselleer nadat die Suid-Afrikaanse regering hul voete gesleep het met die uitreiking van die visum.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA