Dak van winkelsentrum stort ineen
2011-01-25 23:00
Saint Petersburg - Die dak van ‘n winkelsentrum het Dinsdag in die Russiese stad Saint Petersburg ineengestort en verskeie mense beseer gelaat, het ‘n plaaslike beampte gesê.
“Die dak het oor ‘n oppervlakte van 500 vierkante meter ineengestort,” het Yevgeny Drozdov, ‘n plaaslike beampte, gesê.
Die nuusagentskappe Interfax en RIA Novosti het berig mense is beseer in die voorval, maar dit is nog onseker hoeveel.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP