Dagga-lekkers is onverantwoordelik, meen aktiviste
2011-10-11 19:01
New York – Lekkergoed in die vorm van ‘n daggablaar het aktiviste
vir die bevegting van dwelmmisbruik sowel as stadsleiers warm onder die kraag.
“Dwelmmisbruik is reeds 'n groot probleem en ons probeer verhoed dat kinders grootword met die gedagte dat die
gebruik van onwettige middele aanvaarbaar is,” het Darius Pridgen, stadsraadslid van New York, gesê.
“Om lekkergoed wat lyk soos ‘n onwettige
middel in ‘n gewone winkel te verkoop is onkundig en onverantwoordelik.”
Pothead Ring Pots en Pothead Lollipops word
deur die maatskappy Kalan LP aan kafees en supermarkte verskaf.
Dit kan ook in grootmaat op die internet
gekoop word.
Die president van Kalan LP, Andrew Kalan, sê
die lekkers is al die afgelope ses tot nege maande beskikbaar en word aan 1 000
winkels oor Amerika heen verskaf.
Hy sê dié lekkers bevorder die wettiging van
marijuana.
“Die produk doen nogal goed,” het hy bygevoeg.
Volgens Kalan is dit die eerste klagte wat
hulle ontvang.
‘n Ouer wat ontsteld was oor die lekkergoed
het dit onder Darius Pridgen se aandag gebring.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP