D-dag vir Berlusconi
2011-11-12 08:32
Rome – Silvio Berlusconi, Italiaanse premier, sal na verwagting Saterdag ná 17 jaar op die troon van die land se politiek bedank wanneer die senaat die ekonomiese hervormingsplan goedgekeur.
Berlusconi het gesê hy sal bedank as die hervormingsmaatreëls wat hy aan die Europese Unie beloof het, toegepas word in 'n sessie wat 13:30 begin. Markverwarring het vrese geskep dat Italië dalk 'n krisis in Europa kan veroorsaak.
'n Kabinetsvergadering waar Berlusconi dalk sy bedanking kan aangekondig, sal na verwagting 19:00 begin ná die parlement gestem het.
Die premier sal dan sy bedanking formeel moet indien.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP