Concordia: Geen hoop op oorlewendes
2012-01-26 18:54
Giglio, Italië – Reddingswerkers wat die toneel waar die Italiaanse passasierskip Costa Concordia gestrand geraak het deursoek vir vermiste mense, het Donderdag gesê die tyd het gekom om te aanvaar dat niemand meer lewend gevind gaan word nie.
"Ons moet dit begin aanvaar dat daar in daardie toestande nie meer hoop is van oorlewing nie," het Franco Gabrielli, hoof van Italië se burgerlike beskermingsagentskap, gesê.
Reddingswerkers het die lyke van 16 mense gevind nadat die skip op 13 Januarie 'n rots getref en gestrand geraak het.
Dertien lyke is sover uitgeken, met 16 mense wat amptelik steeds vermis is.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP