Colorado-brand: Inwoners wag om hul lot te hoor
2012-06-13 23:15
VSA – Honderde inwoners wat uit hul huise ontruim is as gevolg van ‘n reuse-veldbrand in Fort Collins, Colorado, sal moontlik Woensdagaand kan terugkeer na hul huise, het amptenare gesê.
“Ons maak vordering,” het Bill Hahnenberg, die bosbou-bevelvoerder van die span wat die High Park-veldbrande onder beheer probeer bring, gesê.
Die brand het reeds deur 46 600 akker in die noorde van Colorado versprei, het CNN berig.
Minstens een persoon het in die brand gesterf waarvan ongeveer 10% tans onder beheer is.
Sowat 100 strukture is vernietig, maar honderde families wag nog om te hoor of hul huise nog staan.
“Die brand is besig om af te neem, ten minste in sommige dele, waar opgeleide individue kan ingaan om vas te stel watter strukture vernietig is,” het Hahnenberg Woensdag gesê.
– Lees meer by CNN
– Volg Nuus24 op Twitter