Colombia: 16 sterf toe bus wegspoel
2011-04-15 17:00
Bogotá – Minstens 16 mense is dood en vier ander is vermis nadat ‘n oorstroomde rivier ‘n passasiersbus op ‘n snelweg meegesleur het, het owerhede gesê.
Volgens Juan Manuel Osorio, direkteur van die plaaslike Rooi Kruis, het die bus 20 mense aan boord gehad.
Hy sê die bus is deur klippe en modder van die Chinchina-rivier uitmekaar geruk.
Geen oorlewendes is tot dusver gevind nie.
Die bus was van Manizales na Bogotá onderweg toe die ongeluk Woensdagaand plaasgevind het.
Die lyke en stukke van die wrak is in ‘n kloof onder die hoofweg gevind.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP