Clinton veroordeel beweerde moordkomplot deur Iran
2011-10-12 21:57
Washington – Die Amerikaanse minister van buitelandse sake
het die beweerde moordkomplot deur Iran teen die Saoediese ambassadeur in
Washington ten sterkste veroordeel.
Hillary Clinton het die moordkomplot as ‘n “gevaarlike
toename van die Iranse regering se gebruik van politieke geweld en die
befondsing van terrorisme” beskryf.
Clinton het terselfdertyd ‘n beroep op die
wêreldgemeenskap gedoen om die voorval te veroordeel.
“Iran moet verantwoordelik gehou word vir sy optrede,” het sy gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP