Clinton na Afganistan te midde oorlogvrese
2010-07-17 09:08
Washington - Te midde toenemende vrese oor die oorlog in Afganistan, is Hillary Rodham Clinton, die VSA se minister van buitelandse sake, op pad Suid-Asië toe.
Clinton gaan volgende week se internasionale konferensie in Kaboel bywoon, waar die Afgaanse regering planne gaan voorlê om die verswakte sekerheidstoestande te verbeter, militante in die samelewing te herintegreer en gaan toeslaan op korrupsie.
Sy word ook in Pakistan verwag, om samewerking tussen Kaboel en Islamabad aan te moedig.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP