Clinton kuier in Afrika
2009-08-03 13:14
Washington- Hillary Clinton, Amerika se minister van buitelandse sake, sal hierdie week op ‘n sewe-nasie toer deur Afrika vertrek.
Die doel met Clinton se toer is om Amerika se toewyding aan Afrika te bevestig.
Sy sal vir 11 dae lank oor die kontinent toer en veral fokus op kwessies wat haar na aan die hart lê, soos vroueregte.
Clinton sal ook met verkragtingslagoffers ontmoet en tyd saam hulle spandeer. Sy hoop ook om sterk bande op te bou met Kenia, Nigerië en Suid-Afrika.
Sy sal ook ‘n draai maak in Angola, DRK en Liberië en haar toer in Cape Verde afsluit.
–Sapa