Christene in Irak aangeval
2010-11-11 09:05
Bagdad – Minstens drie mense is dood en 26 gewond na 'n vlaag bomaanvalle op huise van Christene in Bagdad, het die ministerie van binnelandse sake gesê.
"Twee mortierbomme en 10 tuisgemaakte bomme het die huise van Christene in verskillende woonbuurte in Bagdad geteiken. Die voorvalle het tussen 05:00 en 07:00 plaasgevind," het 'n beampte, wat anoniem wil bly, gesê.
Die aanvalle kom 10 dae nadat 44 Christelike aanbidders, twee priesters en sewe lede van die sekerheidspersoneel dood is in 'n aanval op 'n katedraal in Bagdad.
Volg Nuus24 op Twitter
- AFP