Christene in Bagdad geteiken - 2 sterf
2010-12-31 13:54
Bagdad – Ten minste twee mense is dood en 14 beseer in ‘n reeks bomaanvalle in Bagdad, skynbaar op Christen-huishoudings gemik, berig CNN.
Dit wil voorkom asof die aanvalle gekoördineerd was, aangesien die bomme almal binne die bestek van ‘n uur afgegaan het, het ‘n amptenaar van Bagdad se departement van binnelandse sake gesê.
Dit is nie duidelik of ál die slagoffers Christene was nie.
Die aanvalle stem wel ooreen met bomaanvalle op Christen-huishoudings wat Bagdad op die 10de November geruk het.
Baie Christene het uit vrees vir hul veiligheid gekies om eerder die gebied, of selfs die land, te verlaat.
Hulle het ook blykbaar hul Kersvieringe dié jaar klein gehou om nie te veel aandag na hulself te trek nie.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.