Christene ‘ergste vervolg’ in Noord-Korea

2010-01-19 08:28
Tweets Share Share line Print

Leopold Scholtz

Den Haag. – Noord-Korea, Iran en Saoedi-Arabië staan boaan die lys van lande waar Christene vervolg word, lui die jaarverslag van die organisasie Open Doors, wat die vervolging van Christene wêreldwyd monitor.

In ’n verklaring sê Carl Moeller, hoof van Open Doors se afdeling in Amerika, oor Noord-Korea daar is geen ander land ter wêreld waar Christene so “gruwelik en sistematies” vervolg word nie.

Tog groei die Christelike gemeenskap daar, veral in die streke naby die Chinese grens.

Volgens Klaas Muurling, Open Doors se woordvoerder, is daar sowat 400 000 Christene in dié land wat slegs in die grootste geheimhouding byeen kan kom.

’n Geraamde 50 000 mense sit weens hul geloof in die tronk uit ’n totaal van 200 000 wat op grond van hul oortuigings aangehou word.

Open Doors het die situasie in 50 lande ondersoek en punte toegeken op grond van faktore soos die wetgewing insake godsdiensvryheid, die vryheid om ’n kerk te stig en die aantal Christene wat gemartel en vermoor word.

Volgens Muurs het die regime van pres. Mahmoed Ahmadinedjad van Iran in 2008 met ’n veldtog teen Christene begin en dit verlede jaar voortgesit. Minstens 85 Christene is in hegtenis geneem en baie gemartel.

Ander lande in die toptien is Somalië, die Maledive, Afganistan, Jemen, Mauritanië, Laos en Oezbekistan. Altesame 35 van die 50 lande op die lys het ’n Moslemregering. 

–Beeld

Lees meer oor: christelik  |  geloof

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Masterdebater sê... Ronel, darem nie so toring nie. Wel een wat volgens afrika standaarde redelik hoog is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.