Christchurch skud op herdenking van aardbewing
2011-09-04 15:54
Wellington – Drie matige aardbewings het Christchurch, Nieu-Seeland, geskud op die herdenking van ‘n massiewe skudding wat presies ‘n jaar gelede plaasgevind het.
Sondag se skudding kom presies ‘n jaar ná ‘n groot aardbewing wat 7.1 gemeet het en tot ‘n reeks ander skuddings in die stad gelei het.
Die skuddings, wat tot 3.3 tot 4.4 gemeet het, het almal sowat 20 km wes van die stad gebeur.
Niemand het in die aardbewing op 4 September 2010 gesterf nie, maar 181 mense is dood in ‘n skudding wat die stad op 22 Februarie 2011 geteister het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA