Christchurch-skade beloop R120 miljard
2011-08-30 14:41
Wellington – Die koste van die dodelike aardbewings in Christchurch, Nieu-Seeland, het verder gestyg en sal nou waarskynlik meer as R120 miljard wees.
Die Nieu-Seelandse regering het Dinsdag sy aanvanklike finansiële bydrae vir die skade van $2,6 miljard (sowat R18 miljard) na $6 miljard (omtrent R42 miljard) gelig. Die res van die koste sal deur private versekeraars gedek word.
Die koste van die aardbewings is gelyk aan byna 10% van die land se jaarlikse ekonomiese uitsette.
Meer as 7 500 aardbewings en naskokke het sedert verlede September in Christchurch plaasgevind.
Die grootste skudding het die stad op 22 Februarie getref. Dié aardbewing, wat 6.1 gemeet het, het groot dele van die middestad verwoes en 181 mense se dood veroorsaak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP