Cholera breek uit in Pakistanse vloedramp
2010-08-14 09:56
‘n Geval van die dodelike siekte cholera, wat deur water vervoer word, is bevestig in die vloedgeteisterde noordweste van Pakistan.
Reddingswerkers vrees dat daar nog gevalle gaan wees, het die Verenigde Nasies Saterdag gesê.
Die ontdekking het saamgeval met nuwe vloedgolwe wat die suide van die land tref en die land se eerste minister gesê het 20 miljoen mense se huise deur die vloede verwoes is.
Die vloedramp het Pastikan se ekonomie verrineweer en die land se politieke stabiliteit onder verdenking gebring, terwyl Amerika Pakistan se samewerking dringend nodig het in die stryd teen ekstremiste.
Die vloede het al 1 500 mense gedood. Reddingswerkers vrees dat siektes dié syfer aansienlik kan laat styg.
- Sapa - AP