Chirac skuldig aan korrupsie, bevind hof
2011-12-15 14:40
Parys – ‘n Franse hof het Jacques Chirac, die voormalige president van Frankryk, skuldig bevind op aanklagte van die wanbesteding van openbare fondse tydens ‘n hofsaak oor die onwettige finansiering van die konserwatiewe party waarvan hy die leier was.
Hy is die eerste voormalige Franse president wat vervolg word sedert die Tweede Wêreld Oorlog.
Chirac (79) het nie die hofsaak bygewoon nie omdat sy dokters vasgestel het dat hy aan erge geheueverlies ly.
Die hof het Donderdag beslis dat Chirac skuldig is in twee sake wat ook verband hou. Dit sluit in die skepping van valse werkgeleenthede in die party. Hy was die leier van die party van 1977 tot 1995 as die burgemeester van Parys.
Chirac het reeds telkemale ontken dat hy enigiets verkeerd gedoen het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AP