Chirac kap na Sarkozy
2011-06-10 06:49
Parys. – Oudpres. Jacques Chirac van Frankryk skryf in sy memoires, wat vandeesmaand verskyn, sy opvolger pres. Nicolas Sarkozy is een van die beste politici van sy geslag, maar hy kon hom nie vertrou nie.
Chirac was president vir die 12 jaar voordat Sarkozy die amp in 2007 oorgeneem het.
Hy verduidelik hoe min die twee mans in gemeen gehad het en hoe min hy Sarkozy se snedige verwysings na twee goed wat na aan sy hart is – Japanse kultuur en soemo-stoei – waardeer het.
“Vertroue kan nie verorden word nie, maar dit is absoluut noodsaaklik. Daar was te veel grys gebiede en misverstande tussen Nicolas Sarkozy en ek om aan daardie noodsaaklike vereiste te voldoen,” skryf hy in uittreksels van die boek wat in die Franse media gepubliseer is.
Chirac beskryf Sarkozy ook as te selfversekerd.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters