Chirac beskuldig van nóg korrupsie

2011-09-13 08:30
Tweets Share Share line Print

Den Haag - ’n Nuwe korrupsie­skandaal dreig weer in Frankryk. Dié keer gaan dit oor bewerings dat vyf Afrika-presidente altesaam meer as R600 miljoen in kontant bygedra het tot die destydse pres. Jacques Chirac se suksesvolle herverkiesingsveldtog in 2002.

Chirac staan op die oomblik juis tereg in Parys op aanklagte van korrupsie wat dateer van die jare van sy burgemeesterskap van die hoofstad toe hy na bewering politieke vriende in betaalde poste aangestel het sonder dat hulle ooit ’n steek werk verrig het.

Die bejaarde oudpresident is nie self in die hof aanwesig nie omdat hy glo siek en geestelik “nie heeltemal by” is nie.

Robert Bourgi, deesdae blykbaar ’n raadgewer van pres. Nicolas Sarkozy, het in ’n opsienbarende onderhoud met die Franse blad Le Journal du Dimanche gesê die skenkers was press. Abdoulaye Wade (Senegal), Blaise Compaoré (Burkina Faso), Laurent Gbagbo (Ivoorkus), Denis Soussou Ngouesso (Kongo-Brazzaville), Omar Bongo (Gaboen) en ­Obiang N’Guema (Ekwato­riaal-Guinee).

Bourgi sê hy het gereeld tussen Parys en Wes-Afrika gependel en elke keer ’n koffer propvol note teruggebring wat hy persoonlik aan Chirac oorhandig het.

Hy het ook ’n ander invloedryke politikus, Dominique de Villepin, betrek deur te sê hy het gesien hoe Chirac en De Villepin die geld tel.

De Villepin is Sarkozy se politieke aartsvyand. Die twee haat mekaar glo met ’n verterende passie.

Bourgi het daarna van lojaliteit verwissel en vir Sarkozy gaan werk. Sarkozy het hom met ’n Legion d’Honneur – ’n hoë burgerlike onderskeiding – vereer.

Chirac en De Villepin het aangekondig dat hulle Bourgi weens laster gaan aankla. Maar ’n onafhanklike joernalis, Pierre Péan, het die bewerings bevestig in ’n boek wat binnekort gepubliseer word.

Luidens berigte in die Franse media het ’n luitenant van oudpres. Gbagbo, Mamadou Koulibaly, dit ook bevestig.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: jacques chirac  |  frankryk  |  korrupsie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2002
R 84,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,900.00

FORD

Ranger 2.5 TD Hi-Trail XLT D-Cab Dsl PU
2005
R 118,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.